Met 220 karavaan-en kampstaanplekke met krag, vier paraplegiese karavaanstaanplekke, luuksedubbeltente en ses netjiese ablusieblokke, het Forever Swadini die bestemmingvan keuse geword onder plaaslike en internasionale kampeerders.
Die oord hetverskeie aktiwiteite en is 75 km vanaf die Orpenhek van die Kruger- nasionalepark, en is naby attraksies soos Bourke's Luck-kolkgate, The Pinnacle, Mac-Mac-watervalen God's Window vir die wat daguitstappies wil doen.
Eiendomontvangs: 015 795 5141; 076 634 1170
Akkommodasiebesprekings:swadinires@foreversa.co.za;www.foreverswadini.co.za














