GEBORG: Laat jou innerlike ontdekker los op die Kalahari Rooiduinroete, vol asemrowende sonsondergange, die oneindige uitspansel en rooi duine - dis net 'n foonoproep ver.
Die Kalahari Rooiduinroete begin 50 km van Upington op die R360 en kies koers na die Kgalagadi-oorgrenspark. Die Kalahari is bekend vir sy sterverligte nagte, meerkatkuiers, 4x4-uitstappies, heerlike kos en vele meer. Vir jou gerief kan Retha Stadler jou help met jou roetebeplanning asook verblyf-opsies.
Bel haar by 082 492 3469 of e-pos mailto:rooiduinroete@hotmail.comrooiduinroete@hotmail.co.za. Besoek die webwerf vir meer by http://www.kalahariredduneroute.co.za/kalahariredduneroute.co.za of volg hulle op Facebook by @Kalahari Red Dune Route.
Ratelpan Lifestyle Farm & Eco Lodge

Sit op die stoep en kyk hoe die son oor 'n rooi duin opkom, koffie in die hand. Lees 'n boek by die watergat terwyl 'n swerm kelkiewyne (sandpatryse) blitsig kom water drink, slaan voet so ver as die oog kan sien op die plaas van 2 000 ha, of geniet 'n laatmiddag-wildrit. Toets jou 4x4-vaardighede en stop op die hoogste duin in die streek, waar jy 'n onvergeetlike skemerkelkie met 'n uitsig oor die wye vlaktes van die Kalahari kan geniet.
Skakel 082 557 9328 of 082 856 9848, of e-pos orders@mykalaharicollection.co.za.
Rooipan

'n Gastehuis op 'n werkende plaas genaamd Rooipan. Die kleinskaalse onderneming word deur die Knoetze-familie bestuur, waar uitgestreke okerkleurige landskappe, massiewe sandduine, 'n onbewolkte hemel en verstommende natuurlewe deel is van die alledaagse bestaan. Geniet hul voortreflike kos, die vryheid van die natuur, die hartlikheid van die plaasfamilie en die Kalahari se welwillendheid.
Bel Lizette en Daantjie Knoetze by 082 415 1579, e-pos rooipan@gmail.com of lees meer op Upington.com.
Kgalagadi Lifestyle Lodge

Dit is jou eenstop-Kalahari-oasis. Dis 250 km van die Upington-lughawe geleë, en 5 km van die Kgalagadi-oorgrenspark. Jy kan kies tussen luukse chalets met lugreëling of goedtoegeruste kampplekke met private ablusiefasiliteite. Die Black Mane Butcher & Grill, gekies as die beste kos in die Kalahari, bied houtvuur-pizza en Kalahari Craft Beer. Daar is ook 'n landingstrook, kuriowinkel en kruidenierswinkel, voetslaanroetes, selfry-wildkykroetes, swemplek, 4x4-verhuring en buiteterrein-spyseniering en geleentheids-opsies.
Skakel 054 325 0935 of 083 225 0331 of 073 727 7241, e-pos info@kgalagadi-lodge.co.za of besoek http://www.kgalagadi-lodge.co.za/kgalagadi-lodge.co.za.
Dreghorn Kalahari Game Farm

Kies tussen vyf selfsorgeenhede en vier kampeerplekke. 'n Swembad by die private boma-area maak dit ideaal vir 'n somerbesoek of 'n intieme kuier met vriende. Dis die perfekte verblyf op pad na die Kgalagadi-oorgrenspark of Botswana, waar jy op jou tyd dié unieke deel van die Groen Kalahari kan verken, van steenbokkies tot die grasieuse gemsbok. Hulle bied ook wildbesigtiging, 4x4-roetes en voëlkyk.
Skakel 072 351 5395, e-pos info@dreghornfarm.co.za of besoek http://www.dreghornfarm.co.za/dreghornfarm.co.zahttps://www.dreghornfarm.co.za/.
Kalahari Trails

Net 35 km van die Kgalagadi-oorgrenspark, tussen toringhoë rooi duine, lê 'n unieke toevlugsoord vir meerkatte wat gered is, sowel as uiteenlopende natuurlewe. Gerehabiliteerde meerkatfamilies geniet hul vryheid en bied ure se vermaak. Met meer as 220 voëlspesies, 'n wye verskeidenheid wild, begeleide staptogte en toere sowel as wildernis-ondervindings en bekostigbare akkommodasie, is dit 'n unieke bestemming vir fotograwe, voëlkykers, plantkundiges en natuurliefhebbers, met die bykomende opsie om 'n dagbesoek te doen.
Skakel 063 087 7732 of 082 769 4884, e-pos info@kalahari-trails.co.za of besoek http://www.kalahari-trails.co.za/kalahari-trails.co.za.
Rea Farmstead Kalahari

Kies die boskamp vir 12 of een van sewe kampplekke vir privaatheid, stilte en natuurbaaiery, gewaarborg. Die boskamp-chalet is ten volle uitgerus met beddegoed en handdoeke, en die kombuis en braai-area volledig toegerus. Die kampeerders stort met 'n uitsig, en geniet die stilte sonder elektrisiteit, met toegang tot die boskamp-lapa. Dis 'n paradys vir voëlkykers, met sonsondergange op die duin wat 'n uitsig oor die Kalahari bied. Bespreek vooraf vir skemerkelkies.
Skakel 083 313 1044 of e-pos reabushcamp@gmail.com om te bespreek.
Thirstland Trails

Dis die plek vir jou sloertoer (slackpacking), Kalahari-ervarings en mobiele tentkampverhuring. Kies tussen 'n ses-dag-, vyf-nagte- Kalahari Rooiduinroete (voetslaan), 'n begeleide voldag-Kgalagadi-wildrit, 'n tweedag-, een-nag- 4x4-rooiduinervaring weg van die beskawing, of huur 'n mobiele tentkamp vir byna enige geleentheid waarvan jy kan droom. Reis stadiger en ervaar die Kalahari-dorsland.
Skakel 082 769 4884, e-pos info@thirstland-trails.co.za of besoek http://www.thirstland-trails.co.za/thirstland-trails.co.za.
Molopo Kalahari Lodge

Dié lodge, net 60 km van die Kgalagadi-oorgrenspark, spog met luukse, lugversorgde chalets en kampplekke met private ablusie en elektrisiteit. Die à la carte-restaurant, swembaddens, wassery, sekuriteit en kragopwekker bied ekstra gerief, so jy't tyd om jou wanderlust en sin vir avontuur uit te leef: Gryp 'n sandplank en geniet 'n energieke afgly teen die duine naby die Molopo Kalahari Lodge, of bring jou verkyker vir voëlkyk van die talle inheemse voëlspesies.
Skakel 054 511 0008, e-pos info@molopolodge.co.za of besoek http://www.ncfamouslodges.com/molopo-kalahari-lodge/ncfamouslodges.com/molopo-kalahari-lodge.
Kalahari Gasteplaas en Plaasstal

Vars plaasmelk in die yskas elke dag, 'n stoep vir die braai, en baie ver weg van jou bekommernisse. Kom kyk voëls - om selfs meer geveerdes te sien, kan jy langs die groot dam kampeer. Die plaas is ten volle toegerus met sonkrag, en het 'n padstal met skaaptjops, kerriesosasties, wildspasteie, 'n groot verskeidenheid biltong en droëwors, sowel as gemmerbier, dadels en braaihout.
Bel Paul en Riana Loots by 073 194 2864, e-pos bookings@kalahariguesthouse.co.za of besoek http://www.kalahariguesthouse.co.za/kalahariguesthouse.co.za.
Vischgat Game Lodge

'n Eksklusiewe skaap-en-wildplaas van 14 000 ha met 'n aparte 5 000 ha opsygesit vir 'n verskeidenheid wild soos gemsbokke, springbokke, sebras, elande, rooihartebeeste, rooibokke, steenbokke, blou- en swartwildebeeste, duikers en volstruise. Vischgat is 'n private selfsorg-wildplaasgastehuis en perfek vir klein groepe van tot 20 mense. Braaipakke is beskikbaar, sowel as ys, kameeldoringhout vir braai, poskaarte, gebottelde water, is ten volle gelisensieer (eenstop-koop-en-ontspan), met motorwas, 'n wasserydiens, oornag-grootmaatfasiliteite vir bevriesing, groep-braaifasiliteite, 'n swembad en mense-grootte skaak, en bied wild- en voëlkyk en 'n 24-uur-sekuriteitsdiens.
Skakel 054 511 0008, e-pos info@vischgatlodge.co.za of besoek http://www.ncfamouslodges.com/vischgat-game-lodge/ncfamouslodges.com/vischgat-game-lodge.
!Xaus Lodge

Dié ten volle omheinde, gedienste lodge binne die Kgalagadi bied 'n unieke Kalahari-gasvryheidservaring, met gemaklike beddens, en-suite fasiliteite, heerlike maaltye en koue drankies. Ervaar die duinelewe as jy teen sonsopkoms saam met gidse stap om die "koerante in die sand te lees". Sien, raak en ruik alles wat jy mis as jy in die kar sit, en luister hoe die dag in nag verander terwyl die diere en voëls hul eie gang gaan. Daar's ook 'n plaasdamswembad om te geniet.
Skakel 021 701 7860, e-pos info@xauslodge.co.za of besoek http://www.xauslodge.co.za/xauslodge.co.za.
Kalahari Erfenis

Dis die ideale stop op pad na die Kgalagadi-oorgrenspark of Botswana, en die perfekte oornagplek as jy beplan om die wêreldbekende Restaurant Klein JAN te gaan ervaar. Daar is ruim luuksekamers, safari-selfsorgeenhede, en ses luukse kampplekke. Jy kan ook 'n staptog saam met 'n veldgids geniet, ontbyt in die natuur, wildritte, kaasborde en piekniekmandjies, sowel as aansit-aandetes met die Kalahari-sonsondergang in die agtergrond.
Skakel 053 741 1455 of 073 178 8156, e-pos kalahari.cottage@vodamail.co.za of besoek http://www.kalahari-erfenis.co.za/kalahari-erfenis.co.za.
Zoutpanputs Game Lodge

Unieke akkommodasie in bungalows gebou om 'n ou kameeldoringboom aan die voet van 'n rooi Kalahariduin. Daar is plek vir tot 14 mense in drie bungalows, met 'n aparte onthaalarea en ten volle toegeruste kombuis. Kies die binnebraai op koue wintersaande, en geniet 'n ten volle sonkragtoegeruste kuier. Bring jou eie handdoeke, maar moenie bekommerd wees oor beddegoed nie - dit word voorsien. Daar is ook kampeerplek beskikbaar.
Skakel 083 262 0233 of 071 885 9374, e-pos fluffy.fdj@gmail.com of besoek http://www.zoutpanputs.co.za/zoutpanputs.co.za.













