Die groep bestaan ook uit 'n broeipaar of alfapaar, hulle kroos en 'n immigrant so dan en wan. Net die alfamannetjie en -wyfie kry kleintjies.
Daar is ook 'n sterk hiërargie binne die groep en die ouer diere oorheers die jongeres. Wyfies domineer mannetjies en die heel kleintjies kraai koning oor almal.
Dwergmuishonde is dagdiere en kom met sonopkoms uit hulle gate. Hulle hang gereeld uit naby termiethope - dis 'n goeie wegkruipplek teen roofdiere soos arende.
As hulle jou gewaar, duik Ta dadelik vir die hoop se tonnels, maar luier net 'n bietjie - die nuuskierige agies sal dikwels ná 'n paar minute weer uitloer. Met 'n bietjie moeite kan jy dalk die dominante wyfie uitken - sy kan tot 'n derde groter wees as haar maat en kroos.
As jy nou so by die termiethoop sit, wees ook op die uitkyk vir neushoringvoëls - hier's 'n interessante simbiose tussen dié twee spesies. Neushoringvoëls vreet die insekte wat die muishond versteur, maar nie self vreet nie. In ruil hiervoor bied die neushoringvoël sy dienste as alarmmaker aan uit sy hoër uitkykpunt.
Daar is ook al opgemerk dat 'n neushoringvoël buite 'n muishondgat sal sit en hulle sal wakker roep as die muishonde laat slaap, byvoorbeeld op 'n besonder koue oggend. Wie het nou 'n wekker nodig as jy sulke goeie vriende het?













