Reis

Vyf geskenkidees… net betyds vir Moedersdag!

Die beste deel is dat jy nie die winkels hoef aan te durf nie - bestel dit sommer aanlyn!

Vir jou koffieliefhebber-ma

Maak koffie terwyl jy reis

(Marcelle Van Niekerk)

Goeie koffie kan jou reis nét beter maak, maar dit bly 'n gesukkel om die toerusting saam te piekel…

Oorweeg dit: Dié Aeropress-koffiemaker het 'n oulike sakkie sodat jy dit enige plek kan bêre. Dit is klein, duursaam en maak altyd koffie van 'n goeie gehalte.

Produk: Kompakte meul en reissakkie

• Ingesluit in die pakket is 'n koffiemaker en meultjie, sowel as die reissakkie

• Prys: R 1 899

Lees meer hier

Hou jou lyf Italiaans

Produk: Bialetti Moka Express Stovetop Espresso-maker / Moka-pot

Dié koffiemasjien is gewild in Italië - jy kan maklik hiermee heerlike espresso maak. Hierdie koffiemasjien is gemaak van aluminium.

Kies 'n masjien wat jy elke keer kan volmaak vir die beste resultate. Lees die gids https://c.trackmytarget.com/u2a3as?ref1=WegCCBBialettiMoka&r=https://capecoffeebeans.co.za/collections/coffee-making-equipment/products/bialetti-moka-express-stovetop-espresso-makerhier indien jy onseker is oor die grootte wat jy moet aanskaf (die groottes wissel tussen 1 en 18 koppies).

Elke ‘koppie' maak 30-50 ml, sterk koffie

Prys: R449

Oorweeg ook hierdie oulike, kleurvolle potjies wat 'n goeie geskenk sal maak: dis tans op afslag! Kry dit hier.

Lees meer hier

Laat ma 'n slag rus!

Ja, goed, dié stewige hangmat is aan die duur kant, maar 'n mens verdien tog 'n goeie blaaskans…

• Dis eko-vriendelik, en kan ook gebruik word om ekstra toerusting te berg as jy gaan kamp

• Veilig, stabiel, en waarborg 'n mooi uitsig! (klik op die skakel hier onder om te sien hoe die hangmat versterk word)

• 4,4 x 4,4 x4,4 m in grootte

• Kan tot 3 volwassenes dra; of twee volwassenes en twee kinders

• Prys: R 6 300

Lees meer hier

Iets vir die voëlkyker

(Marcelle Van Niekerk)

Hang hierdie mooi voëlkoshouer van glas in die tuin, en kyk net wie kom kuier!

• Gemaak van ekovriendelike materiaal

• Prys: R589

Lees meer hier

'n Elegante reissak

(Marcelle Van Niekerk)

Pak alles wat jy nodig het in dié bekostigbare reissak… dit is boonop mooi!

• Bonus: Spree bied gratis aflewering vir kopies bo R350!

Prys: R499

Lees meer hier

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM