Reis

Wat behels jou Leatherman-waarborg?

As jy 'n stuk gereedskap van Leatherman Toolskoop, weet jy dat jy vir dekades lank op jou toerusting sal kan staatmaak.

Dit beteken egter nie dat jy jou Leatherman slegkan behandel en die maatskappy vir die herstelkoste verantwoordelik kan hou nie.

In die verlede het Leatherman onderdelevervang en toerusting gediens ongeag of die skade deur die waarborg gedek is ofnie.

Dit het ongelukkig tot die wanindruk gelei datalle skade aan 'n Leatherman deur die waarborg gedek word. Slegs defekte inmateriaal en vakmanskap lei tot geldige eise.

Alle ander breekskade - onvoorsiene of gevolgskade- is uitgesluit van die waarborg.

Dit beteken dus hoegenaamd nie dat Leatherman'n stukkende stuk gereedskap outomaties sal vervang nie, veral omdat Suid-Afrikanersnogals hard is op hul Leathermans.

Leathermans word gebou om te hou, maar as diegereedskap breek weens 'n defek in die materiaal of vakmanskap, word jouLeatherman deur 'n 25 jaar-waarborg ondersteun.

Wat behels die 25 jaar-waarborg?

  • Die waarborg dek slegs gereedskap wat virpersoonlike gebruik gekoop word. Dit dek nie grootmaat-aankope of gereedskapwat op veilings, doeane-uitverkopings of vlooimarkte gekoop word met dieoogmerk om die gereedskap te herstel en te herverkoop nie.
  • Die waarborg dek slegs dieoorspronklike/primêre eienaar en dek nie misbruik, modifikasie, diefstal,verdwyning of enige ander onredelike gebruik van die stuk gereedskap nie.
  • Die waarborg dek nie bykomstighede soos skedes,omhulsels, kleurlae, afwerking, die skoonmaak en slyp, of roes in nie.Leatherman Tools is nie verantwoordelik vir stomp lemme, vuil gereedskap,brandskade of sweisskade aan die gereedskap nie.
  • Leatherman is nie aanspreeklik vir toevalligeof gevolgskade nie.
  • Hierdie waarborg dek slegs produkte wat by 'ngemagtigde handelaar gekoop is, en 'n koopbewys kan gevra word.

Kies 'n versekerde en naspeurbareafleweringsdiens wanneer jy jou gereedskap instuur. Leatherman Tools kan nieverantwoordelikheid aanvaar vir produkte wat per pos gestuur word nie. Besoekdie waarborgafdeling op ons webwerf, leatherman.co.za, vir meer inligting.

Vlymskerp en silwerskoon

Van tyd tot tyd stuur eienaars hul Leathermansna die maatskappy om die lemme te slyp, die gereedskap te diens of dit 'n goeieskoonmaaksessie te gee. Leatherman lewer hierdie diens met liefde teen 'nminimale koste. Die maatskappy doen ook sy bes om gereedskap te herstel tot"werkende toestand", en nie noodwendig tot "nuut" of "soos nuut" nie.

Die volgende dienste word gelewer by diedienssentrum in Kaapstad

Standaarddiens - Leathermansorg dat jou stuk gereedskap in die bes moontlike toestand is deur die onderdeleafsonderlik skoon te maak, te olie en te slyp. Eienaars word egter aangemoedigom die instandhoudingswenke tuis te volg sodat hulle nooit sonder hulLeathermans hoef te wees nie.

Herstelwerk - stukkendegereedskap word herstel en net die koste van die onderdele word van jou verhaalindien die skade nie deur defektiewe materiaal of vakmanskap veroorsaak is nie.As onderdele nie beskikbaar is nie omdat daardie Leatherman nie meer gemaakword nie, sal die maatskappy vir jou volgens sy eie diskresie afslag aanbied op'n vergelykbare model.

Wees verseker as 'n Leatherman breek, sal diemaatskappy dit herstel. Vir meer inligting, gaan na

Besoek Awesome Tools, of gaan na leatherman.co.za vir meer inligting.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM