SCUDERIO TORO ROSSO + CASIO = WENSPAN
Casio het met die renspan Scuderio Toro Rosso saamgespan om 'n horlosie te vervaardig wat sy man kan staan. Die Casio ERA-110TR-2A het onlangs die lug gesien danksy Casio en die F1-renspan.
Dis 'n beperkte uitgawe en spog met die kleure van die renjaerspan: blou, rooi en silwer. Daarby herinner die gesig aan die jaers se spanembleem - dus 'n gawe geskenk vir aanhangers van die Formule Een. Die gesig en die band is albei afgewerk met swart ioon, wat dit elegant laat vertoon. Die rooi syfers en die aanwysers op die gesig van 8uur tot 12uur herinner aan die rooi sone van 'n toereteller.
Die ERA-110TR is 'n kombinasie van analoog en digitaal. Ondanks sy sterk eienskappe en funksies, spog die ERA-110TR steeds met 'n batteryleeftyd van 10 jaar. En ál die vindingrykheid binne 'n lyf van 176g.
Die ERA 110TR-2A: in 'n neutedop
• Batteryleeftyd van 10 jaar
• Telememo 30
• Gee wêreldtyd
• 1/100-sekondestophorlosie
• Tydhouer
• 3 daaglikse alarms
• Swart ioonafgewerkte gesig en band
• Waterbestand tot 100m
Lees die volledige spesifikasies hier.
SKRYF Só IN
Beantwoord net dié twee vrae in die onderstaande vorm, om in aanmerking te kom vir die prys. Sluitingsdatum: 30 Junie 2019.













