JOU DAG
Vandag se sterre is gunstig wat opvoeding, kreatiwiteit, sport en werk betref.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is 'n dinamiese bondel energie. Wees in die komende jaar meer gedissiplineerd, veral ten opsigte van geld, en wees minder krities.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr
Hou op uitstel ten opsigte van 'n kwessie by die huis of werk. Doen navorsing en maak 'n praktiese plan. Soos jou mede-Ram Charlie Chaplin gesê het: "Verbeelding beteken niks sonder optrede nie."
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Moenie vandag aarsel en talm nie. Deurdink dinge rakende 'n verhoudingskwessie of 'n geldprobleem op 'n filosofiese wyse en tree dan op.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Jou kop gons van kreatiewe drome en verwarrende planne. Doen jou bes om dinge mooi te deurdink terwyl jy met familie en vriende tuis en van ver kommunikeer.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Het jy uitgestel? 'n Projek broei in jou kop. Maak jou gereed om binnekort op te tree. Laat jou mede-Kreef, Meryl Streep, jou inspirasie wees: "Hou aan. Begin deur te begin."
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Moenie haastig wees wat 'n romantiese verbintenis of platoniese vriendskap betref nie. Mercurius is steeds in trurat, dus is dit die gepaste tyd om versigtig, oordeelkundig en pligsgetrou te wees.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Jou heerser, Mercurius, is steeds in trurat, dus kom jou huidige motto van jou mede-Maagd, die aktrise Jada Pinkett Smith: "Ek lees en mediteer baie ten einde gevestig te bly in hierdie gek wêreld."
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Werk en geldsake lyk gunstig terwyl die planete help om 'n probleem weg te vee of 'n geleentheid na jou kant toe te stuur. Moenie jou tyd mors met bekommernis nie. Berei jou voor om ná Saterdag toe te slaan.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov
Mars en Jupiter gee jou optimisme- en motiveringsvlakke 'n hupstoot, dus sal jy dinamiese en proaktiewe mense na jou wêreld aantrek. Jy het vandag geen rede om nukkerig of bot te wees nie.
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Die magtige Mars en Jupiter gee vandag aan motiveringsvlakke 'n hupstoot en jy sal take met meer energie en selfvertroue as gewoonlik aanpak. Moenie die geleentheid misloop nie.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Dis tyd om jou benadering te verander ten opsigte van 'n vriend of kollega. Hope prys en aanmoediging sal jou aansienlik verder bring as kritiek - al is dit nou ook hoe opbouend.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Mars en Jupiter gee jou loopbaan 'n welkome hupstoot. Van Sondag af sal invloedryke mense jou wil help. Al wat jy hoef te doen, is om die moed bymekaar te skraap om te vra.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Jou besige verbeelding werk in jou guns. Dit sal jou help om 'n netelige probleem op te los of die antwoord op 'n lastige raaisel te vind. 'n Sprankie inspirasie bevorder 'n kreatiewe projek.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.













