Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 26 September 2017

JOU DAG

Moenie vandag oorhaastig wees nie; neem liewer jou tyd.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is geduldig en volhardend, en jy is baie ywerig om dinge gedoen te kry. Die komende 12 maande is die tyd om spaarsaam te wees wat geld betref, kreatief wat jou beroep betref en avontuurlik wat romanse betref.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jou kort aandagspan sal beproef word as 'n projek verg dat jy vir langer as 60 sekondes moet konsentreer. Jy sal hope geduld en deursettingsvermoë nodig hê om die werk gedaan te kry.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Moenie vandag aanneem jy weet hoe iemand voel nie. Daar gaan baie aan onder die oppervlak. En jy moet 'n kilometer in sy/haar skoene loop ten einde te kan verstaan waar hy/sy vandaan kom.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy's in die bui om jouself vandag te bederf. Maar moenie in die proses jou roetinetakies in en om die huis afskeep nie. As jy dit doen, sal jou gesinslede jou gou-gou aan jou verantwoordelike herinner.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

As jy, wat die sosiale media betref, die eerste ding neerpen wat in jou gedagtes opkom, kan daar misverstande ontstaan. Bedink dinge dus mooi voor jy publiseer, plaas, teksboodskappe stuur of twiet.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy sal vandag lus voel om jou met familielede en/of intieme vriende te omring. Kies egter jou woorde versigtig, want daar kan verwarring langs die pad wag!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius, Venus en Mars besoek almal jou teken, dus is dit tyd vir ernstige jolyt terwyl jy stylvol sosialiseer en andersins omgaan. Maar pasop dat jy nie gemengde boodskappe aan iemand anders stuur nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Daar kan wrywing wees met 'n gesinslid aangesien hy/sy sy/haar gesag afdwing. Moenie oorreageer nie. Maar jy moet hom/haar ook nou nie toelaat om oor jou te loop nie. Dis hoog tyd dat bedaarde Weegskale ferm én buigbaar raak.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die sterre moedig vandag die bespreking van ernstige onderwerpe aan, Skerpioen. Maar pasop dat jy betrek word by 'n lang, verwarrende - en warm - gesprek oor liefde, sport, politiek of geld.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Stadig oor die klippe, Boogskutter! As jy jou haas, gaan jy belangrike besonderhede miskyk. Deurdink 'n probleem op 'n baie meer filosofiese manier. Is daar nie miskien meer keuses as dié waaraan jy voorheen gedink het nie?

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Is daar iets wat jou pla? Om jou daaroor te bekommer gaan jou nêrens bring nie. As jy na die wysheid van die stemmetjie in jou binneste luister, sal jou intuïsie vir jou die regte rigting aandui.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Moenie vandag 'n kluisenaar wees nie. As jy intieme verhoudings koester of netwerke vorm met kollegas, kan julle jul idees in 'n kreatiewe gesamentlike projek saamvoeg. Jy sal egter geduldig moet wees.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Is jy bekommerd oor werkgeleenthede omdat die Maan en die ernstige Saturnus jou loopbaansone besoek? Jy sal vind dat, hoe geduldiger en produktiewer jy is, hoe beter sal die eindresultaat wees, Visse.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM