Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 31 Oktober 2017

Jou sterre vir Dinsdag, 31 Oktober 2017

JOU DAG

Dink vandag diep oor dinge en vermy oppervlakkige teenstand.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is bedagsaam en deernisvol en hou daarvan om ander te help. Wees in die komende 12 maande minder krities en meer diplomaties.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Weerbarstigheid sal jou vandag nêrens bring nie. Probeer die probleem eerder proaktief oplos. Vra opbouende, produktiewe raad by 'n kollega of wyse mentor.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Mercurius beweeg deur jou verhoudingsone; hou op om kwessies te vermy en begin gesels oor dit wat jy werklik begeer en nodig het. Jy kan nie verwag ander moet jou gedagtes wonderbaarlik kan lees nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy wil ander inspireer, of dit nou by die werk is of by die huis. Dit is die ideale tyd om jou kreatiewe talente uit te druk deur middel van 'n professionele projek of met behulp van 'n kunstige vriend/in.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie toelaat dat jaloesie vandag sy aaklige kop uitsteek nie. Lê selfvertroue aan die dag en gee jou maat hope ruimte. Enkellopendes: Vermy die liggewigte! Soek iemand van statuur met emosionele diepte.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Probeer uit 'n dieper en meer volwasse oogpunt na 'n gesinsituasie kyk. 'n Tikkie behendige takt sal ook 'n groot verskil maak. Gebruik jou kreatiwiteit op praktiese en produktiewe maniere.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Maak seker jy ondersoek feite en getalle vandag op 'n forensiese manier. Verifieer nuwe inligting en doen deeglik navorsing. Dis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Wat 'n probleem met 'n kollega of gesinslid betref, moet jy nie vandag net bolangs praat nie. Ondersoek die heerstende situasie op 'n baie meer doelgerigte manier.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jupiter, die welvaartsplaneet, is in jou teken; daarom sal jy positiewe mense en situasies na jou wêreld toe aantrek. Benut die gelukskote wat na jou kant toe kom.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Verwag wisselvallighede. Jy gaan beslis rusteloos voel. Verhoudings met 'n gesinslid kan ook onvoorspelbaar wees. Sal 'n bietjie rustige alleentyd jou nie miskien minder gedaan laat voel nie?

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Wees vandag diep en ernstige gesprekke te wagte. Jy is nie gretig om ander tegemoet te kom nie. Ander kan verbaas wees oor jou heftigheid.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is geneig om dinge om suiwer emosionele redes te koop. Dié spontane kopies is gevaarlik. Bly liefs weg van jou geliefkoosde winkels en inkopiewebtuistes.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jy het tans baie hooi op jou vurk. Maar het jy jou oorsese vriende afgeskeep? Jupiter is in jou internasionale sone; doen jou bes om jou internasionale kontakte te koester.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.

Digiatle Span

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM