JOU DAG
Die sterre beklemtoon goedheid en deernis, terwyl jy iemand help wat in die nood is.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is aktief en waaghalsig, dus het jy baie om aan te bied, maar jy kan ook onrealisties wees. 2018 is die jaar wat jy projekte moet klaarmaak - selfs wanneer dinge moeilik is.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Laat jou intuïsie jou help om 'n bevredigende oplossing te vind vir 'n frustrerende huishoudelike probleem of gesinskwessie. Die stemmetjie in jul binneste sal julle vandag in die regte rigting lei, Ramme.
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Dis 'n fantastiese dag om te konsentreer op die verbetering van die verhouding met 'n intieme vriend, buurman of familielid. Wat party gelukkige Bulle betref - liefde is moontlik met iemand met 'n geheimsinnige verlede.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Hoe meer energie en konsentrasie jy aan finansiële en besigheidsake wy, hoe meer suksesvol sal jy wees. Jy moet egter ook jou huiswerk doen en seker maak dat jy al die nietiger besonderhede deeglik nagaan.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Jy kan 'n Krapagtige energie-opwelling verwag, want die sterre stimuleer jou vrugbare verbeelding. Gebruik jou intuïsie om agter te kom wat werklik aangaan ten opsigte van 'n persoonlike probleem of 'n intieme verhouding.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Platoniese verhoudings is vandag baie belangrik, Katte. Moontlik kan jy jou verbinding met 'n spesiale vriend/in verdiep. Of 'n duidelike oomblik van déjà-vu ervaar as jy iemand vir die "eerste" keer raakloop.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Mercurius, jou kragplaneet, is besig om terug te beweeg. Jy moet dus die volgende drie weke baie versigtig wees wat jy sê. Onthou wat Rudyard Kipling geskryf het: "Woorde is die kragtigste medisyne van die mensdom."
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Gaan 'n kollega of 'n medestudent deur 'n moeilike tydjie? Jou vriendelikheid en diplomatiese benadering mag dalk vandag benodig word terwyl jy uitreik en 'n helpende hand of 'n skouer om op te huil, aanbied.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Die planetêre patrone verhoog vandag jou wens om op 'n meer meelewende manier met geliefdes of kollegas te verbind. En is dit dalk tyd om 'n intieme vriend/in wat in die moeilikheid is, te help?
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Gevoeligheid oor 'n delikate gesinsituasie bring belonings. Alleenlopende Boogskutters - 'n bloeiende verhouding kan skielik verdiep, terwyl jy jou hart oopmaak en vir die persoon sê hoe jy regtig voel.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Sorg dat jy nie by ingewikkelde magspeletjies ingetrek word as jy met ander mense kommunikeer nie. Sommige sentimentele - en dapper - Steenbokke mag dalk verplig voel om terug te gaan en weer 'n ou verhouding te besoek.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Hoe meer kreatief jy by die werk is, hoe beter sal die dag wees. En hoe meer jy uitreik en ander mense help, hoe bruikbaarder sal jy voel. Vriendskappe met kollegas word veral bevoordeel.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Vandag se unieke stel kosmiese gebeurtenisse beklemtoon jou romantiese, kreatiewe en spirituele sye. Maar dit benadruk ook jou neiging om feit en fantasie te meng. Probeer dus om jou voete op die aarde te hou.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.













