JOU DAG
Verhoudings gaan onvoorspelbaar wees.
AS JY VANDAG VERJAAR
In die volgende 12 maande moet jy haakplekke met geliefdes uitstryk. As jy sterk gesinsbande het, kan jy enige probleem oplos en enige storm trotseer.
RAM 21 Mrt.-20 Apr.
Jy gaan vandag fisiek en geestelik rusteloos voel. Moenie binnenshuis bly nie. Maak seker jy kom uit. Doen dinge wat jou gedagtes en liggaam stimuleer terwyl jy nuwe idees, vriendskappe en plekke ontdek.
BUL 21 Apr.-21 Mei
Oormatige besitlikheid gaan vandag net tot 'n hele klomp moeilikheid en drama lei. Streef dus daarna om heelwat minder obsessies te hê oor wat jy besit en wie jy liefhet.
TWEELING 22 Mei-21 Jun.
Jy kort tans meer onafhanklikheid in jou persoonlike verhoudings. Het jy dit al met jou geliefdes bespreek? Moenie bot wees nie. Probeer jou behoeftes op 'n taktvolle manier verduidelik.
KREEF 22 Jun.-23 Jul.
Moenie dwarstrek wanneer jy vandag met ander kommunikeer nie. Hoe meer openlik jy is - en hoe meer reguit met jou benadering - hoe beter gaan die eindresultaat wees.
LEEU 24 Jul.-23 Aug.
Weerstaan die drang om baasspelerig te wees. Jy is lus vir 'n groot avontuur, maar moenie die eerste ding uitblaker wat by jou opkom nie. Onthou net: Sommige dinge moet liewer verswyg word.
MAAGD 24 Aug.-23 Sept.
Moenie in 'n groef verval en te vas raak aan hoe jy dink die dag moet verloop nie. Met Uranus wat dinge aanwakker, kan jy vertragings verwag en ontwrigtings wat jou op jou tone sal hou.
WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.
Verbonde Weegskaal: Dis tyd om 'n bietjie spontaniteit in 'n vaal verhouding te bewerkstellig. Ongelukkige enkelloper? Moenie te versigtig wees nie. Soek iemand wat nie gewoonlik jou oog vang nie.
SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.
Kom uit 'n groef en wakker jou gewone roetine aan, selfs al voel jy nie lus daarvoor nie. Avontuur wag om die draai terwyl jy inskakel by jou spontane sy. Dit skuil iewers!
BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.
Het jy al jou kreatiewe en beroepsdoelwitte vir die res van die jaar bepaal? Moet dit nie te veilig en verstandig maak nie. Jupiter en Uranus druk jou om avontuurlik en passievol proaktief te wees.
STEENBOK 22 Des.-20 Jan.
Jy is gretig om oor 'n probleem te gesels, maar 'n onverwagte haakplek met 'n gesinslid kan opduik. As jy buigsaam is, sal jy eindelik 'n bevredigende oplossing vind.
WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.
Jy voel spontaan en avontuurlik. 'n Mate van versigtigheid word vereis; anders kan jou onvoorspelbare manewales of aanvegbare opmerkings mense ontstel. Persoonlik, sowel as aanlyn.
VISSE 20 Feb.-20 Mrt.
Moenie vandag verwag dat almal jou lof gaan besing nie. Sommige mense gee nie om hoe geweldig kreatief jy is nie. Hulle wil net weet dat jy dinge ten volle en betyds gedoen kan kry.
Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.













