JOU DAG
Dis vandag die viering van Audrey Hepburn se geboortedag; dus moet jy, ter ere van haar, seker maak jou dag is spesiaal.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is, net soos jou beroemde verjaardaggenoot, Audrey Hepburn, 'n warmhartige siel wat omgee. Die volgende 12 maande is die tyd om hard te werk om 'n spesiale droom te verwesenlik.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Jou huidige mantra kom van Audrey Hepburn: "Terwyl jy ouer word, sal jy besef jy het twee hande; een om jouself mee te help, die ander om ander mee te help."
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Jupiter seën interpersoonlike verhoudings. Jou huidige motto kom van Audrey Hepburn: "Die beste ding in die lewe om aan vas te klou, is mekaar."
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Venus besoek jou teken; geniet dus elke oomblik. Soos Audrey Hepburn gesê het: "Geniet die dag ten volle. Die dag soos dit kom; mense soos hulle kom."
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Die maan skuif tot in die aardse Steenbok. Kom uit en krap in die tuin, as jy een het. Soos Audrey Hepburn opgemerk het: "Om 'n tuin te plant is om in die dag van môre te glo."
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Kry noodsaaklike take so gou moontlik uit die weg geruim. Doen iets wat jou hart laat sing. Soos Audrey Hepburn gesê het: "Ek glo jy moet elke dag ten minste een verruklike oomblik geniet."
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Dit is tyd om jou beste vriende te koester en te waardeer, aangesien die maan met Mars, Saturnus en Pluto in jou vriendskapsone verbind. Soos Audrey Hepburn gesê het: "Ware vriende is familie wat jy kan kies."
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Hier is 'n paar "skoonheidswenke" van Audrey Hepburn: "Vir mooi oë moet jy die goeie in ander soek; vir mooi lippe moet jy vriendelike woorde uiter; en vir selfversekering moet jy leef met die wete dat jy nooit alleen is nie."
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Moenie toelaat dat negatiewe selfpraatjies jou terughou nie. Kry inspirasie by Audrey Hepburn: "Niks is onmoontlik nie."
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Venus is in jou verhoudingsone; wees ekstra vriendelik teenoor ander. Soos Audrey Hepburn gesê het: "Mense moet teruggebring, hernieu, opgewek, verlos en bevry word; moet nooit enigiemand afskryf nie."
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Weerstaan die versoeking om vandag oormatig somber en ernstig te wees. Wees bedag op die wyse woorde van Audrey Hepburn: "Die heel belangrikste ding is om jou lewe te geniet, om gelukkig te wees."
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Die gelukkige Jupiter is in jou beroepsone; smee die yster terwyl dit nog warm is. Kry inspirasie van Audrey Hepburn: "Geleenthede duik nie gereeld op nie. Wanneer dit wel gebeur, moet jy dit aangryp."
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Met Venus in jou gesinsone moet jy dankbaar wees vir die gesinslede wat jou koester en steun. Soos Audrey Hepburn gesê het: "Daar sal dalk nie altyd vir my werk aangebied word nie, maar ek sal altyd my gesin hê."
Kopierg Joanne Madeline Moore 2018.













