Sterre

Jou sterre vir Woensdag, 26 September 2018

JOU DAG

Uitdagende aspekte sorg vir 'n ernstige dag, met weinig ruimte vir ligsinnige pret.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is sjarmant, maar jy kan ook kompulsief wees. Met die verkwistende Jupiter tot 8 November in jou geldsone moet jy die drang onderdruk om roekeloos met geld en krediet om te gaan.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Dit sal vandag moeilik wees om verantwoordelikhede aangaande verhoudings en werk te balanseer, want professionele projekte laat huislike harmonie ontspoor. Poog dus om buigbaar en vergewensgesind te wees, eerder as vurig en veeleisend.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Doen ander mense al die geewerk en jy die neemwerk wat intieme verhoudings betref? Die tyd is ryp om meer balans en regverdigheid terug te bring in jou verhoudings met jou geliefdes.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Moenie jou familie en vriende - of gebrek aan geld - die skuld gee vir jou huidige penarie nie. Moenie jouself vlak kyk nie, Tweeling. Jy self is die enigste persoon wat moontlik vandag jou planne kan saboteer.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

As jy 'n erg sosiale dag verwag, kan jy dit maar vergeet. Praatlustige Krappe sal ietwat eensaam voel, aangesien hul geliefdes op hul eie probleme sal konsentreer en kommunikasie op die een of ander manier geblokkeer sal wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Moenie 'n stoelpatat wees nie, Katte! Hoe meer gedissiplineerd jy is rakende jou liggaamlike fiksheid en gesondheid, hoe beter sal die toekoms wees. Voedsame kos en gereelde oefening is 'n goeie begin.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

'n Verhouding met 'n geliefde mag vandag ietwat weerspannig wees. Jy het sekere verwagtinge maar hy/sy het ander idees! Hoe meer dogmaties jy is, hoe moeiliker sal die dag wees.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

'n Werk- of persoonlike kwessie neem jou weg van jou huis en gesin af, dus bou die druk op. Het jy jou kop in die sand gesteek wat 'n probleem met 'n geliefde betref? Dis tyd vir 'n werklikheidsondersoek.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Saturnus boikot kommunikasie- en reisplanne, dus kan jy 'n moeilike dag te wagte wees. Hoe beter georganiseerd en verantwoordeliker jy is, hoe minder spanning sal daar in die dag wees. Jy moet ook ekstra versigtig wees indien jy 'n motor bestuur.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy het vandag geldkwessies in die kop, Boogskutter. Hoe deegliker en meer gedissiplineerd jy met jou geldsake is, hoe beter sal die resultaat wees. Jy moet egter nie skielike wonderwerke verwag nie!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Persoonlike behoeftes bots met werkverantwoordelikhede; dus kan daar wrywing in 'n intieme verhouding voorkom. Hoe dieper jy ingegrawe is jy in jou verwagtinge, hoe meer verward sal jy voel.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Dis 'n goeie dag om 'n uitdagende individuele projek wat jy in die louoond gesit het, te takel. Ander mense sal besig en afgetrokke wees; jy sal dus tyd moet inruim vir kommunikasie met 'n baie spesiale persoon - jouself.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Leef jy in 'n Visse-fantasieland? Saturnus stuur vandag vir jou 'n massiewe werklikheidskontrolering, veral wat doelwitte, drome of vriendskappe betref. Kom dus terug aarde toe en raak georden.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM