Die 47-jarige Jennifer Lopez het ’n lyf wat vir niks skrik nie. Hoe ouer sy word, hoe mooier word dié ma van twee. Kyk, sy kan ’n swartsak dra en stééds eksieperfeksie lyk. En nou het sy weer die koppe laat draai. By gisteraand se NBC Universal 2017 Upfront-geleentheid in New York het J-Lo in ’n pragtige blospienk rok opgedaag. Ons modespan is absoluut versot daarop.
"J-Lo weet hoe om haar bates te beklemtoon en met dié elegante rok is daar ’n tikkie sexy by met die spleet waar sy been wys. Sy lyk absoluut sensasioneel!" het Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur, gesê.
Volgens Michélle van Breda, SARIE se redakteur, is dit een van die mooiste rokke wat sy nóg gesien het.
"Die kleur, die styl, dis perfek!"
Wat dink julle van haar rok?
Embed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty Images
’n Rok met ’n hoë spleet gaan nóg meer aandag op die rooi tapyt trek.













