Die SARIE-modespan dink hierdie drie jasse is perfek vir die winter.
#1 Parka
’n Parka is stylvol, warm en het gewoonlik ’n kappie om jou te beskerm teen wind en weer.


#2 Reënjas
As jy in die winter reën kry, is ’n reënjas ’n moet. Hierdie dun jas in die parka-styl is waterdig, so jy sal definitief nie nat raak nie!



#3 Pofjas
Pofjasse hou jou warm en is meestal waterdig.

Pofjas, K-Way by Cape Union Mart

Pofjas, Witchery by Woolworths
Nog warmbly-wenke
? Dra ’n hoodie (sweetpaktop met ’n kappie) onder jou jasse wat nie kappies het nie – dis ook hoogmode!

? Dra ’n mussie sodat jou kopvel warm bly en jou hare ook nie sal nat raak nie.

? Moenie bang wees vir helderkleurige of selfs metaalkleurige baadjies nie. Dit kikker jou hele uitrusting op.

? Handskoene sal keer dat jou hande vries en kan boonop ’n stylstelling maak.

? Bind ’n serp om jou kop as jy nie iets anders het om jou kop mee toe te maak nie.

? Gomlastiekstewels of gumboots is prakties vir die winter en deesdae kry jy baie stylvolles – tot met patrone!

Wees voorbereid vir die koue!













