Hier's vyf modelle in hul trourok.
Katryn Kruger
In 2015 het die beeldskone Katryn met manlief, Cilliers Kies, getrou. Sy het in haar Stella York-trourok gestraal.

Cindy Crawford
Kaalvoet en in 'n slooprokkie het die supermodel Cindy Crawford in 1998 met Rande Gerber getrou.

Chrissy Teigen
John Legend en Chrissy Teigen is een van SARIE se gunsteling-paartjies. In 2013 het John en Chrissy by Lake Como in Italië getrou. Haar Vera Wang-trourok het die koppe laat draai.

Gisele Bündchen
Sy is een van die wêreld se hoogsbetaalde modelle. En in 2009 het sy in 'n pragtige Dolce & Gabbana-rok getrou.

Kate Upton
Die pragtige blondekop het verlede jaar in 'n asemrowende Valentino-trourok getrou.














