Styl

5 wenke vir mooier wimpers

FOTO: Instagram (@bobbibrown)
FOTO: Instagram (@bobbibrown)

As jy nie van nature vol, donker wimpershet nie, is daar maklike maniere om dit te skep … Hiér is vyf wenke.

#1 Probeer 'n wimperbasislaag (primer)

Dit lyk nes 'n gewone maskara, maar dieformule is gewoonlik wit of deursigtig. Dit maak elke wimperhaartjie so 'nbietjie dikker. Wanneer jy dan maskara bo-oor aanwend, lyk jou wimpers voller.

#2 Kies swart

Die Amerikaanse grimeerkunstenaar BobbiBrown glo daaraan om net pikswart maskara te gebruik. Dit sal jou oë die meestebeklemtoon, skryf sy in haar boek EverythingEyes.

#3 Voorkom klonte

Bobbi Brown se wenk om maskara aan te wendis om die grimeerborsel in die rondte te draai soos wat jy dit deur jou wimperstrek om klonte te voorkom. Druk ook jou wimpers met jou wysvingers boontoevoordat die maskara droog is om dit effens te laat krul, sê sy.

#4 Probeer 'n wimperserum

As jy sukkel met bros, swak en kortwimperhaartjies, kan 'n wimperserum help. Dit bevat aktiewe bestanddele wat diehaartjies versterk sodat dit nie maklik breek nie en seël vog in sodat jouwimpers voller en gesonder lyk.

#5 Reinig reg

Maak seker jy maak jou wimpers elke aandmooi skoon. Maskara wat te lank op jou wimpers bly, maak dit hard en bros. Asjy dan jou oë teen die kussing skaaf wanneer jy slaap, kan jou wimpersbeskadig.

Probeer:

1. Maybelline Lash Sensational MascaraPrimer (R120)

2. Bobbi Brown Smokey Eye Mascara (R430)

3. Rimmel Super Curler Volume & CurlMascara (R150)

4. RapidLash Eyelash Enhancing Serum (R999)

By Candi & Co- en Sorbet-salonne

5. Gatineau Floracil Plus Gentle EyeMake-up Remover (R195)

By uitsoektakke van Truworths en Woolworths

Charis van den Heever

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM