Daar is 'n nuwe swembroek-trend in Amerika waaroor die manne mal is: die "swimmeralls"!
Nes die naam sê is die "swimmeralls" 'n skouerbroek waarin jy kan swem. Die SARIE-modespan is nou nie gaande daaroor nie, maar dis beslis kreatief.

Die goeie nuus is dat jy die bokant van die skouerbroek kan afhaal, dan is dit 'n "gewone" swembroek. Dis ook baie helder, dus gaan jy nie sommer misgekyk word nie.
Sal jy so 'n swembroek vir jou man of kêrel of selfs seun koop?
Koop dit hier













