Styl

Beste manier om jou skoene te pak

Om jou tas vir ’n naweek of vakansie te pak kan op een van twee maniere uitwerk: Óf dis deel van die opwinding, óf jy is hande in die hare want hoe op aarde kry jy alles in jou tas? Party mense vou hul klere en ander verkies weer om dit op te rol. 

En hoe gemaak met skoene? Ja, ’n naweek weg verg dalk meer as net een paar. Maar daar's ’n geheim wat sal keer dat jou klere vuil smeer.

Die geheim is ... ’n kussingsloop!

Kussingsloop: @Home

Jy kan ’n ou kussingsloop gebruik of ’n goedkoop een koop. Dit sal keer dat stowwerigheid of vuilheid op die sole afsmeer op daai spierwit hemp. Die sloop sal boonop jou skoene beskerm in die ry.

Hou SARIE.com vir nog slim wenke.

Magdel Muller

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM