Modes kom en gaan. Die cleavage was ’n ruk lank "uit", maar nou is dit terug én groter as ooit! Die tendens op die rooi tapyt is om weer meer van jou borsgleuf te wys en ons verwag dat dit nóg gewilder gaan raak.
Wat jy moet weet?
– Die tendens is nie om jou borste na bo te druk nie, maar eerder om ’n lae V-nek-lyn te dra.
– Die V-nek is vleiend vir almal, maar die diepte daarvan hang als af van jou borste se grootte.
– ’n Baie lae V-nek is geskik vir vroue met kleiner borste, soos Nicole Kidman en Kate Hudson. Vir voller borste, soos Christina Hendricks en Angelina Jolie s'n, is ’n hoër V-nek meer geskik.
Hoe hou ek dit stylvol?
Moenie te veel wys nie. As jy ’n lae V-nek dra, moenie jou been ook wys nie. En vermy kort rokkies saam met die diep V-nek.
Die diep V-nek – vir vroue met kleiner borste.
Embed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty Images
Die hoë V-nek – vir vroue met voller borste.
Embed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty Images
Die beste bra vir die V-nek (sonder om te sukkel met aanplak-bra's!)













