Crocs is daai skoene waaroor almal grappies maak, tog het die meeste van ons 'n paar wat ons as "pantoffels" by die huis dra. Ja, uit die oog van die publiek wat die skoene dikwels as die lelikste ooit beskou.
Nou het die modehuis Balenciaga die Crocs-skoene uit die kas gehaal, 'n nuwe voorkoms gegee en in die kollig geplaas by 'n modevertoning in Parys.
Wat dink jy hiervan?
Balenciaga is egter nie die eerste modehuis wat Crocs op die modeplanke sit nie. Die prominente ontwerper Christopher Kane het dit ook in sy Lente/Somer '18-versameling gebruik by die Londense Modeweek. Hy het die skoene opgekikker met kristalle en kunspels.
Hierdie illustrasie verduidelik die Crocs-"evolusie" mooi:













