Dié week praat Charlene Schlorke, kunsdirekteur by Gary Rom se salon in Southdowns in Irene, oor een van die seisoen se gewildste trends vir hare: rooi kleur!
“Kry inspirasie by bekendes soos Emma Stone, Amy Adams en Nicole Kidman met een van die seisoen se grootste trends vir haarkleur.
Dié vroue is perfekte voorbeelde van die groot verskeidenheid van rooi skakerings op jou hare – van ’n dieper en ryker rooi tot ’n meer subtiele en sagte aarbei-blond.

Daar is ook ’n groot verskeidenheid van haarkleurmiddels in die salon wat jou skakering van rooi kan beklemtoon, soos Dia Richesse van L'Oréal Professional, wat geen ammoniak bevat nie. Dit gee jou hare boonop ekstra glans!
Of jy ’n natuurlike rooikop is en of jy dit met ’n bietjie kleursel opkikker, maak nie saak nie. Jy moet steeds die kleure van die items in jou hangkas versigtig kies. Kleure wat pragtige rooi hare beklemtoon en komplementeer is koninklike blou, smaraggroen en diep skakerings van persrooi."
Ons gunsteling-rooikoppe in Suid-Afrika
Charlene beveel aan:

Gary Rom Haircare Replenish-reeks
Om jou rooikop meer glans te gee én die kleur te beskerm, probeer Gary Rom Haircare se Replenish-reeks, wat bestaan uit sjampoe, opknapper en ’n behandeling.

*Charlene Schlorke is ’n kunsdirekteur by Gary Rom Hairdressing Southdowns in Irene (012 665 0188)













