Styl

Die geur van granaat

Granaat (wat propvol antioksidante is) word met argan- en druiwepit-oliegekombineer vir ’n luukse nuwe hand- en lyfsorgreeks.

Dié Engelse skoonheidshuis is in 1972 gestig, maar die storie agter die Crabtree & Evelyn-naam begin al in die 17de eeu. Dit is geïnspireer deur John Evelyn, 'n natuur- en bewaringliefhebber wat regoor Europa gereis het. Hy het 'n dagboek van sy reise gehou waarin hy elke detail aangeteken het en was bekend vir die ongelooflike tuine wat op sy landgoed aangelê het. Vandaar die Crabtree & Evelyn-motto van "Explore everything. Keep the best".

Die Crab Apple Tree(houtappelboom)is inheems aan Brittanje en bekend vir sy mooi vorm, dié dat dit as die logo van die handelsmerk gekies is.

* The Pomegrante Collection is vanaf April 2012 beskikbaar.

Liesl du Toit

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM