Styl

Dít moet jy hê vir 'n vlug

Stylvol in die lug

Die bekende ontwerper Vivienne Westwood het die personeeluitrustings van die internasionale lugdiens Virgin herontwerp (sien al die uitrusting op hul blog). Sy het inspirasie uit die Victoriaanse tydperk (1837 - 1901) gekry, maar die ikoniese rooi van dié handelsmerk steeds beklemtoon. Ons is mal oor hierdie stylvolle werksklere!

Trek dít aan vir 'n vlug

Gaan vir gemak as jy vlieg. Kies material wat vloei en nie styf sit nie. Sykouse, of leggings, is ook altyd ‘n gunsteling by ‘n lospassende shift-rok of kies dan ‘n langer maksi-rok vir die vlug. In die SARIE-winkel wys ons jou ook dat jy nie kleurvolle en interessante patrone hoef prys te gee as dit kom by gemak nie.

http://www.spree.co.za/afr/batwing-top-with-shoulder-patches-tan?mag=sarie

Batwing Top With Shoulder Patches van Tashkaya

Two-tone Sweat Top van Slick

http://www.spree.co.za/afr/amaria-pants?mag=sarie

Amaria Pants van Amanda Laird Cherry

http://www.spree.co.za/afr/amaria-2-pants?mag=sarie

Amaria 2 Pants van Amanda Laird Cherry

http://www.spree.co.za/afr/moroccan-basic-tunic-orange?mag=sarie

Moroccan Basic Tunic van Crave

http://www.spree.co.za/afr/long-sleeve-maxi-blue?mag=sarie Maksirok Met Lang Moue van Silk Orchid

Hou dit byderhand om vars te bly

Die belangrikste om te onthou wanneer jy vlieg is om jouself gehidreer te hou omdat jou vel maklik droog voel op ’n vliegtuig. Maak seker jy drink genoeg water en wend ook ’n goeie vogroom aan.

Clinique Dramatically Different Moisturizing Lotion + (R195 vir 50 ml) is spesiaal ontwikkel om ekstra vog vir jou vel te gee.

Onthou, jy mag nie enige produkte van meer as 100 ml in jou handbagasie hê vir internasionale vlugte nie! Bêre enige toetsmonsters <samples> wat saam met tydskrifte of met spesiale aanbiedinge in winkels kom vir wanneer jy reis. Dit is lig en neem nie baie spasie op nie.

Maak seker jou hande bly skoon met Woolworths Waterless Lemon Hand Cleanser (R16) en onthou jou handspieëltjie. So kan jy jouself sommer in die sitplek opknap as die ry by die badkamergeriewe te lank is!

Veeldoelige grimeerprodukte werk veral goed wanneer jy reis omdat dit nie nodig is om ‘n klomp verskillende produkte in te pak nie. Jy kan byvoorbeeld jou verbronser op jou wange én oë gebruik. Net so kan baie lipstiffies ook as blosser aangewend word.

Verfris jouself vir oulaas voor jy van die vliegtuig afklim met Vichy eau Thermale (Rxxx vir 50 ml). Twee spuite hiervan sal jou vars genoeg laat voel vir die nuwe dag én plek!

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag.

SPEEL SAAM