Kunspels is gróót vir winter. Ja, dit hou jou snoesig én op trend! Jy kan dit vir byna enige geleentheid gebruik. Kunspels-items is nie meer net vir formele of spesiale geleenthede nie.
Ons kunspelswenke vir jou:
#1 Moenie bang wees vir’n luiperdvelmotief-kunspels nie.
Luiperdvelpatroon word deesdae beskou as klassiek. Indien jy skrikkerig is om die patroon aan te koop, kies ’n jas met ’n fyner luiperdmotief.
#2 Vermy kort kunspels-jasse/baadjies as jy kort is
Kort baadjies of jasse laat jou baie korter lyk. Kry verkieslik ’n kunspelsjas van heuplengte of langer.
#3 Waag dit met kleur
Gekleurde kunspels-jasse/baadjies is groot. Maar indien jy een in kleur wil aanskaf, moet jy seker maak dit pas by die kleurkombinasies in jou klerekas. Kunspels-items is duur en jy wil dit by meer as een uitrusting kan dra.
#4 Skrikkerig vir kunspels? Koop eers’n item met kunspels-afwerking
Party vroue sukkel om gewoond te raak aan die kunspels-trend. Koop eers vir jou ’n jas of baadjie met iets soos ’n kunspels-kraag. Dit sal jou vinnig laat besluit of jy wel van die tendens hou.
#5 Kunspels-jasse of -baadjies in natuurlike kleure is altyd ’n wenner.
Embed from Getty ImagesEmbed from Getty Images
#6 Kunspels-jasse/baadjies pas by die meeste staatmaker-items
Dink hier aan items soos jeans, T-hemde en jou swart rok. Moenie dink jy is beperk met keuses van wat jy saam met jou kunspels-jas kan dra nie.
#7 Indien jy wil uitstaan, kry’n kunspels-jas/baadjie met ’n patroon wat anders is.
Hou balans in gedagte wanneer jy iets daarby dra. Moenie jou uitrusting "oordoen" nie.
Twee praktiese ekstra wenke:
#8 Kunspels-items gee hare af
Moenie jou kunspels-jas/baadjie langs donker items verpak of hang nie. Kunspels-items gee ongelukkig dikwels hare af en dit kan ’n nagmerrie wees om die hare te verwyder.
#9 Lees die instruksies vóór jy dit in die wasmasjien gooi.
• Die meeste kunspels-items moet met die hand gewas word.
• Vermy dit om die tuimeldroër te gebruik as jy die jas wil droog kry. Hang eerder jou jas op.
• Kam die kunspels uit as jy dit klaar gewas het.
• Was jou kunspels-item apart van ander items.













