Styl

Dra só jou SARIE-serpie #SARIE70

FOTO’S Willem Lourens
FOTO’S Willem Lourens

Op 6 Julie 1949 word SARIE 70 jaar jonk! 'n Mylpaal-verjaardag wat ons vier met 'n ikoniese Julie-uitgawe (nou landwyd te koop!). Op die voorblad is voormalige Mej. Wêreld en sakevrou Rolene Strauss.

Die uitgawe is propvol verrassings insluitend SARIE Voorbladgesig 2019 se Top-40 en die pragtige bruilof van akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Saam met jou uitgawe kry jy een van drie pragtige #SARIE70-serpe!

4 maniere om die SARIE-serpe te dra:

Die beeldskone Charicke Carolus, die wenner van SARIE Voorbladgesig se 18 tot 30 kategorie*, het onlangs model gespeel. Hier wys Charicke hoe jy die veelsydige serp kan dra.

Volgens Magdel Muller, SARIE-stilis, is 'n serpie iets wat jy beslis die jaar kan aanskaf. "Dis nie net vir die nek nie. Jy kan dit as ‘n haarbykomstigheid gebruik en dit om jou kop of om jou poniestert bind. Jy kan dit self as 'n bandana stileer. Jy kan dit as ‘n armband dra of self aan jou handsak bind vir ‘n bietjie kleur. SARIE se klein serpie is ‘n 6-in-een-bykomstigheid. Boonop is is daar drie om van te kies. Veelsydig, treffend en tydloos!"

1. Bind dit om die nek

FOTO Willem Lourens
FOTO Willem Lourens

2. Die perfekte bykomstigheid vir jou handsak

FOTO Willem Lourens
FOTO Willem Lourens

3. Kikker jou hare op

FOTO Willem Lourens
FOTO Willem Lourens

4. Tikkie drama? Bind dit om die pols

FOTO Willem Lourens
FOTO Willem Lourens

LEES NOU

WEN: Casper Bosman se SARIE-bloes

Allermooiste Rolene se grimeervoorkoms: Skep dit só

SARIE se verjaarsdaggeskenk aan jou

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM