Styl

Gek oor die tekkies

Die meeste van ons het die een of ander vorm van oefenskoene in ons klerekas. Maar deesdae is tekkies ook ’n mode-item – dink maar aan Adidas se Yeezy- en Superstar-tekkies, Converse se All Stars en Flyknit deur Nike. En vanjaar gaan hierdie trend net nóg groter word.

Embed from Getty Images

Puma spog met ’n nuwe tekkiereeks, Fierce. Die aangliptekkie is lekker lig en gemaklik.

Kylie Jenner is die "gesig" vir die reeks. As ons so na die foto's op Instagram kyk, kan ons verstaan hoekom hulle haar gekies het.

Maar as jy nie van hierdie tekkies hou nie, het ons nog ’n opsie vir jou! Die sangeres en styl-ikoon Rihanna het spesiaal ’n tekkie vir Puma ontwerp, genaamd Fenty Trainer.

Watter tekkies verkies jy?

As jy Puma se Fierce-tekkies verkies, wys ons jou waar jy dit kan koop!

Magdel Muller

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM