Wat sou ons sonder Google doen? Maak nie saak wat jou vraag is nie, dié soekenjin help jou blitsig om 'n antwoord te kry - ook op jou skoonheidsvrae! Google het verlede jaar onthul watter skoonheidsvrae die meeste op die soekenjin gevra is. Alles van visgraat-vlegsels en die balayage-tegniek tot hoe om jou grimeerkwaste skoon te maak was gewild.
Nou maak ons dit nóg makliker: Hier is ses van die top-skoonheidsvrae plus ons antwoorde, in 'n neutedop, op elkeen.
#1: Hoe laat jy jou hare vinniger groei?
Dit kan erg frustrerend wees om jou hare te laat uitgroei. Die meeste vroue se hare groei net sowat 15 cm per jaar, hoewel gene ook 'n rol speel. Maar jy hoef nie hande in die hare te sit nie! Probeer dié sewe wenke wat help om jou hare gesond te hou sodat dit vinniger groei.
#2 en #3: Hoe vorm jy jou wenkbroue? En hoe vul jy dit in as dit yl is?
Sommer twee vrae op Google se lys van grootste skoonheidsvrae gaan oor wenkbroue. En met rede: Wenkbroue is 'n groot fokuspunt in jou gesig en kan jou jare jonger laat lyk. Daar is nie iets soos die perfekte wenkbrouvorm nie, maar dis belangrik dat jou wenkbroue mooi gedefinieer en ingevul is. Só kry jy dit reg ...
Die Britse aktrise en model Cara Delevingne is bekend vir haar welige wenkbroue.
#4: Hoe wend jy verbloemer (concealer) aan?
Baie van ons onderskat die waarde van verbloemer. 'n Bietjie verbloemer doen wondere om donker sirkels onder jou oë weg te steek sodat jy vars en uitgerus lyk. Die kuns van verbloemer lê in hoe jy dit aanwend. Hiér deel 'n grimeerkunstenaar haar raad met ons.
#5: Wat is balayage?
Dié woord verwys na 'n Franse haarkleurtegniek wat die afgelope paar jaar baie gewild geraak het. Dis maklik om te onderhou en kan 'n reuse-verskil aan jou voorkoms maak sonder om die bank te breek. Só lyk balayage-hare ...
http://www.sarie.com/skoonheid/skoonheidstories/vier-sakpas-haarkleur-idees/
#6: Hoe maak jy jou grimeerkwaste skoon?
Grimeerkwaste kan baie vinnig vuil word - jy gebruik dit immers elke dag. Dis daarom belangrik dat jy dit een keer per week was. Ons wys jou hoe om dit te was én vinnig te laat droog word.













