Jeans: Die één item waarop jy altyd kan staatmaak en wat jy by omtrent enigiets kan dra. En nes vroue kom jeans in elke shape en size. Is dit nie wonderlik nie? Probeer gerus een van die nuwe style.
Die SARIE-modespan sien dié seisoen veral die volgende style raak – sal jy een van hulle probeer?
Jeans wat effe langer agter as voor gesny is, lyk veral mooi saam met hakskoene.
Wyepyp-jeans is terug! Dra dit só.
Moeg vir jou gewone blou jeans? Probeer iets met borduurwerk. Of hoe klink veter- of pompon-detail?
Hier is van die modespan se gunstelinge op die oomblik in die winkels:

R599, Daisy Street, Superbalist





R399, Jacqueline de Yong, Superbalist



R959, Revenge, SpreeFacebook-foto: (Hello Fashion Blog)













