Van die beste toorgoed kom uit Moeder Aardeen in die skoonheidswêreld is dit geen uitsondering nie. Die afgelope jaar isdaar 'n ontploffing van velsorgprodukte met houtskool as ster-bestanddeel opdie winkelrakke. En dis met goeie rede: houtskool is 'n uitstekende oplossingvir velprobleme soos verstopte porieë en aknee wat deur besoedeling en onsleefstyl vererger word.
"In ons moderne wêreld waarosoonbesoedeling een van die grootste oorsake van velveroudering is, is 'nproduk wat dieper en meer doeltreffend skoon maak al hoe belangriker in jouvelsorgroetine," sê Diana van Sittert, nasionale opleidingsbestuurder vanDermalogica.
Hoekom dan houtskool gebruik?
In skoonheidsprodukte word 'n suiwer vormvan houtskool, bekend as geaktiveerde houtskool, gebruik. Een so 'nhoutskoolmolekule het die vermoë om tot 200 keer sy gewig in onsuiwerhede teabsorbeer. Sodra jy dit op jou vel aanwend, trek die molekules metaaldeeltjies,gifstowwe en oortollige olie van diep binne jou vel soos 'n magneet aan na dieoppervlak, waar dit aan die molekules vasklou. Wanneer jy die houtskool van jougesig afwas, word die onsuiwerhede daarmee saam verwyder.
Hiervoor kan jy houtskool gebruik:
* Om verstopte porieë skoon te maak sodat die porieë minder sigbaar is. Dit sal help keer dat jou vel puisies kry.
* As jy 'n baie olierige vel het, kan dit help om oortollige olie uit jou vel te trek om jou gelaat 'n mat-afwerking te gee. Vermy die gereelde gebruik van houtskool as jou vel geneig is om droog te wees.
* Houtskool kan selfs op jou hare en kopvel gebruik word om vuiligheid en haarproduk-residu doeltreffend te verwyder.
Probeer dié produkte:
1. Dermalogica Daily Superfoliant (R1 180)
Dié afskilferaar bevat houtskool wat vandooie selle én vuilheid weens besoedeling ontslae raak. By uitsoeksalonne

2. L'Oréal Paris Pure Clay Detox Wash (R80)
Perfek vir 'n olierige vel! Houtskool wordmet drie verskillende soorte klei gekombineer in die reiniger.

3. The Body Shop Spa of the World HimalayanCharcoal Body Clay (R235)
Bederf jouself met 'n luuksehoutskool-lyfmasker.

4. Cettua Charcoal Nose Strip (R46)
Gebruik strokies met houtskool om verstopteporieë op jou neus skoon te maak. By Clicks

5. Hask Charcoal with Citrus Oil PurifyingShampoo en Conditioner (R150 elk)
Gebruik 'n sjampoe en opknapper wathoutskool bevat om haarstileringsprodukte wat mettertyd op jou kopvel en hareopgebou het, te verwyder. By Clicks














