Styl

Is Kate Middleton nes ons?

Dis selde dat ons bekendes twee keer in dieselfde uitrusting sien. Maar dit lyk of Catherine, hertogin van Cambridge, ’n uitsondering is. Sy is onlangs weer in ’n uitrusting gewaar wat sy ’n paar maande vantevore reeds gedra het.

Miskien is haar begroting gesnoei en verklaar dít hoekom sy dieselfde uitrusting twee keer dra. Volgens die Britse poniekoerant Daily Mail het Kate vanjaar al £57 000 (sowat R950 000) op haar klerekas uitgegee. Die vorige jaar was dit £174 170 (R3 miljoen).

Hier's die uitrusting wat sy op 16 April na ’n kerkdiens gedra het.

Embed from Getty Images

Dis dieselfde as wat sy verlede Oktober tydens die koninklike toer in Kanada gedra het.

Embed from Getty Images

Kate het al ’n hele paar keer uitrustings meer as een maal gedra.

Tydens ’n besoek aan Nieu-Seeland in April 2014:

Embed from Getty Images

In Februarie vanjaar met ’n besoek aan ’n laerskool in Londen:

Embed from Getty Images

In Mei 2012 by ’n middagete ter viering van koningin Elizabeth se diamant-jubileemjaar:

Embed from Getty Images

Later dieselfde maand by ’n teeparty by die Buckingham-paleis:

Embed from Getty Images

In Februarie 2014:

Embed from Getty Images

In Augustus 2014:

Embed from Getty Images

Bronne: www.instyle.com, www.whowhatwear.com, www.dailymail.co.uk

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM