Op 48 is Jennifer Lopez nie net suksesvol, beeldskoon en 'n liefdevolle ma nie. Sy is ook sexier as ooit te vore! Geen wonder Guess Jeans het besluit om haar die gesig van hul 2018 Lente-veldtog te maak nie.

Jennifer Lopez is die "oudste" Guess Girl. Die tweede oudste? Die supermodel Claudia Schiffer. Sy het in 2012 op 41-jarige ouderdom in 'n Guess Jeans-veldtog verskyn. In 1989 het sy vir die eerste keer 'n Guess Girl geword.

Ander bekendes wat al 'n Guess Girl was sluit die aktrise Drew Barrymore en sosiale vlinder Paris Hilton in.















