Styl

Jennifer Lopez skitter in sakpas-aandrok

Jennifer Lopez, oftewel JLo, is bekend vir haar kurwes, agterstewe en sexy nommertjies. En al is sy ’n Grammy-wenner, lyk dit of sy, nes ons, van winskopies hou.

Ja, een van die wêreld se 

rykste sangeresse het in ’n aandrok van $111 (ongeveer R1 500) verskyn. Sy het dit gedra vir ’n onderhoud na die The Late Late Show with James Corden.

Die rok is nie besikbaar in Suid-Afrika nie, maar jy kan die rok hier aanlyn koop. Hulle lewer af in Suid-Afrika, maar onthou dat jy wel ekstra gaan moet betaal vir invoerbelasting. Onthou ook dat enige klere met blinkers of kralewerk altyd duurder is as items sonder ’n element wat skitter.

Kyk hier na haar onderhoud met James Corden, sy het selfs ’n skaam oomblik:

Dink jy ook sy het sensasioneel gelyk vir ’n 47-jarige vrou?

Bron: www.instyle.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM