SA sanger en aktrise Karlien van Jaarsveld het pas haar lang blonde lokke kort geknip! Nou spog sy, soos talle ander bekendes, met die gewildste haarsnit van die afgelope twee jaar: ’n lang bob of lob.
Karlien het haar nuwe kapsel in ’n video op haar Instagram-blad onthul. Met haar middelpaadjie, reguit hare en stompgesnyde haarpunte lyk sy supersjiek en vars. In reaksie op die video het talle van haar aanhangers gesê hulle is mal oor die nuwe voorkoms.
Vóór
Ná
Ons sien uit om nog foto's van haar nuwe haarsnit te sien!
Wat dink jy van Karlien se nuwe haarsnit?
Die lob kraai koning
As jy ooit gedink het die supergewilde
bob en lob (lang bob) haarstyle se tyd is byna verby, dink weer! Nadat ’n hele paar bekendes soos Bella Hadid, Selena Gomez, Vanessa Hudgens en nou ook Karlien die afgelope maand hul hare net bo hul skouers afgesny het is dit duidelik dat dié mode nog lank hier gaan wees.













