Kate Middleton het ongelooflike styl. Die hertogin van Cambridge sit skaars ’n modevoet verkeerd. Haar klerekas inspireer die hele wêreld, en dit sluit Hollywood in! Onlangs het die Amerikaanse aktrise Mandy Moore dieselfde rok gedra as Kate.
Gelukkig was dit nie na dieselfde geleentheid nie, want Mandy het haar rok eers nege maande later gedra. En nes Kate het sy baie stylvol gelyk!
Hier's Kate verlede September tydens die koninklike toer in Kanada:
En Mandy vroeër hierdie maand by ’n vertoning van die NBC-reeks This is Us:
In watter kleur verkies jy die rok?













