Styl

Kendall Jenner word van haar troon af geskop

FOTO: Instagram / @kendalljenner
FOTO: Instagram / @kendalljenner

Jaarliks word die Britse modetoekennings gehou waar die topmodel vir die jaar ook gekies word. Die lys benoemdes vir 2017 is pas uit en soos altyd is daar skokke en verrassings.

Vanjaar se grootste skok is dat Kendall Jenner nie die lys gehaal het nie, maar Kaia Gerber wel.

Kaia, Cindy Crawford se dogter, is net 16 jaar oud, maar was die afgelope jaar te sien op al wat 'n modeplank is. Sy het groot skoene om vol te staan, want haar ma was op haar dag 'n supermodel en is steeds een van die herkenbaarste gesigte in die wêreld.

Die benoemdes vir vanjaar se topmodelle is:

Gigi Hadid (laas jaar se wenner)

Haar suster en Kendall se beste vriendin, Bella Hadid

Adwoa Aboah

Winnie Harlow (die model met die pigmentasiesiekte vitiligo)

Kaia Gerber

Die wenner word op 4 Desember aangekondig.

Lees hier as jy die benoemdes in die ander kategorieë wil sien.

Magdel Muller

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM