Kersfees is binnekort hiér! Wonder jy nog wat jy vir jou ma, suster of beste vriendin kan gee? Hier is die SARIE-skoonheidspan se 10 top-keuses vir geskenke om mee te bederf en op te tooi. Van goedkoop presentjies vir jou Kerskous tot 'n luukse bederf - daar is iets vir almal!
1. Sorbet Colour Me Daily (R60)
Die trots SA salongroep stel elke jaar verskeie geskenkpakkies beskikbaar. Dié oulike naellak-pakkie bevat drie pastelkleure. Dis bekostigbaar en perfek vir 'n Kerskous. By Clicks

2. Lush Christmas Sweater Bath Bomb (R70) of The Snowman Bubbleroon (R60)
Sodra jy dié balle in jou badwater gooi, begin dit oplos en 'n heerlike geur vrystel vir 'n badtyd-bederf. Die Christmas Sweater Bath Bomb stel speserygeure vry en die Snowman Bubbleroon, wat galambotter bevat, is met lemoenolie gegeur. By Lush-winkels of aanlyn by www.lush.co.za

3. Matsimela Gold Filigree Box (R120)
Dié oulike geskenkboksie bevat 'n seep en bruisbal, gegeur met soet rooi bessies, om jou vel ná 'n lang jaar te voed. By uitsoeksalonne

4. The Body Shop Frosted Plum Shimmer Mist (R220)
Die geurige sproei bevat superfyn blinkers om jou lyf 'n subtiele glans te gee.

5. Crabtree & Evelyn Winter Hand Trilogy Cracker (R220)
Die mooie boksie bevat drie handsakgrootte handerome wat elk verryk is met bevogtigende galambotter en met kardemom, bessies en speserye gegeur is.

6. Tangle Teezer Compact Styler On-The-Go Detangling Hairbrush in Glitter Gem (R290)
Dié haarborsel met feestyd-blinkers is ontwerp om klam hare glad uit te kam sonder om dit te breek. By Clicks

7. Nuxe Rêve de Miel Holiday Set (R495)
'n Spesiale bederf vir aanhangers van dié handelsmerk. Die geskenkpak bevat 'n bevogtigende lipsalf en handeroom en die luukse Huile Prodigieuse Multi-Usage-olie. By uitsoekwinkels van Truworths en Woolworths

8. Dior Holiday Look Precious Rocks Collection (vanaf R550)
Dior het elke jaar 'n spesiale Kers-grimeerreeks met onder meer naellak, oogskadu en lipstiffie in die mooiste goue verpakking. Vanjaar se reeks spog met skakerings van juweelrooi, -pers en -groen en baie glansteksture.

9. Elizabeth Arden Red Door Prestige Set (R895)
In 'n Facebook-peiling onder SARIE-lesers het die ikoniese Elizabeth Arden Red Door-parfuum loshande gewen as jul gunsteling-parfuum. Bederf iemand (of jouself) met dié geskenkpak wat twee bottels Red Door-parfuum en 'n bypassende lyfroom en -poeier bevat.

10. TheraVine Christmas Skin Care Selection (R1 029)
Vir 'n luukse geskenk-bederf is hierdie spesiale velsorgpakkie perfek. Binne-in sal jy 'n reiniger, verfrisser, afskilferaar, masker, oogserum én sonskerm vind wat elk kragtige teenverouderingsbestanddele bevat. By uitsoeksalonne














