Sy begin ’n trend die oomblik dat sy haar voete by die deur uitsit. Noem haar die koningin van hedendaagse straatstyl; die nuwe popkultuur-model. Kendall Jenner is die It girl van die oomblik.
Kry haar grimeervoorkoms
Sy inspireer jong vroue soos supermodelle Claudia Schiffer en Naomi Campbell destyds gedoen het.
- Olivier Rousteing van die Franse modehuis Balmain
Haar modevoorkoms

Kendall Jenner op die loopplank by Michael Kors se lente somer 2016 vertoning tydens New York Modeweek FOTO: JP Yim / Stringer / Getty Images / Gallo Images
Vogue het onlangs die term Instagirl geskep, en met haar miljoene volgelinge op Instagram en Twitter is die 20-jarige Kendall die Instagirl van die oomblik. Die Somer-modeweek in New York het weer bewys sy is ’n gunsteling vir vele modehuise - op die loopplank en in hul advertensieveldtogte.

http://tydskrif.media24-mail.com/public/messages/view-online/Q1SqLTiVNYNhc6hu/spYls9nBBFZid4N9So pas is Esteé Lauder se nuwe parfuum, Modern Muse Le Rouge, bekend gestel: dapper, sterk, sexy. Wie kon ’n beter gesig vir dié nuwe geur gewees het as juis Kendall Jenner!














