Jo-Ann Strauss
Teen die tyd dat jy hier lees, het Jo-Ann se vierde spruit dalk reeds haar opwagting gemaak. Jo-Ann, wat swanger is met haar derde dogtertjie, het voorheen aan Huisgenoot gesê die kinders neem beurte om haar maag te vryf.
"My tweejarige dink my naeltjie is 'n klein gaatjie waardeur sy met haar sussie in my maag kan praat," het sy laggend vertel. En wanneer dit by haar kraamstyl kom, is daar niks wat jy hierdie voormalige skoonheidskoningin kan leer nie!
Jo-Ann beïndruk gereeld met haar stylkeuses tydens haar jongste swangerskap. Dié aandrok is sjiek verby!
Layla Kolbe
Die Springbokvleuel Cheslin Kolbe en sy vrou, Layla, is al byna drie jaar getroud. Hulle het in Junie op Instagram aangekondig dat Layla swanger is met hul tweede spruit.
Cheslin en Layla woon tans in Toulouse in Frankryk. Layla sit byna nooit 'n modevoet verkeerd nie. Haar skattige driejarige dogtertjie, Kylah, maak tot haar ma touwys oor hoe om vir Insta-kiekies te poseer.
Layla straal behoorlik tydens haar tweede swangerskap.
Danielle de Villiers
Die voormalige Protea-kolwer AB de Villiers se vrou, Danielle, is swanger met hul eerste dogtertjie. Die egpaar het reeds twee seuns, AB (5) en John (3). Danielle het onlangs aan Huisgenoot verklap hulle tel die dae af tot hul kleinding se koms.
Danielle pryk gereeld met haar swanger magie in die sosiale media. In 'n foto wat sy onlangs gedeel het, lyk dié ma van twee beeldskoon in 'n blommerok.
Kyk net hoe mooi!
Charlize Berg
Die sangeres Charlize Berg het ook onlangs bekend gemaak sy is swanger met haar tweede kind.
"Ek word verspoel met liefde, en ons harte loop oor van dankbaarheid en opgewondenheid, want ons gesinnetjie kry nog twee voetjies by," het sy by 'n gesinsfoto van haar, haar man en hul eersteling, Aleiah-Rose, gedeel.
Charlize, wat onlangs 'n nuwe enkelsnit, "Verspoel My", bekendgestel het, straal behoorlik tydens haar tweede swangerskap.
Die sangeres het omtrent sexy gelyk in dié blinker-belaaide nommertjie.
Minnie Dlamini
Die TV-aanbieder geniet omtrent haar eerste swangerskap.
Minnie Dlamini, wat op Erfenisdag aangekondig het dat sy haar eersteling verwag, het met die aankondiging reeds die tonge laat klap met haar kraamstyl.
Kyk net hoe sjiek lyk Minnie in hierdie hemprok deur Gert-Johan Coetzee.












