Kan jy glo? Dis al byna agt jaar sedert die Koning van Pop, Michael Jackson, oorlede is. Sy kinders, wat nog vreeslik jonk was toe hy dood is, het byna altyd maskers gedra wanneer hulle in die openbaar verskyn het.
Sy dogter, Paris Jackson, het vanjaar begin aandag trek in Hollywood. In Januarie het sy op Rolling Stone se voorblad verskyn. Die volgende maand was sy by die Grammy-musiektoekennings op die rooi tapyt. Nog meer onlangs was sy ’n gas op The Tonight Show Starring Jimmy Fallon, en sy het ook op die voorblad van Harper’s Bazaar se April-uitgawe verskyn.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6190/863f3195825f4a588283ab60cd24868a.jpg Paris Jackson op Harper's Bazaar se April-voorblad.
Lyk sy nie vir julle ook op ’n haar soos ’n jong Madonna nie?













