Die lughawe met sy reiskoors laat ons bars van opwinding, want dis “meestal” die beginpunt van ’n vakansie!
Maar onthou, ’n lughawe is nie ’n mode-loopplank nie. Vermy dié items as jy lughawe toe gaan.
#1 Maksirompe of -rokke
Indien die sekuriteit jou moet ondersoek, kan dit ’n baie ongemaklike storie raak.
Selfs Paris Hilton het al dié fout gemaak:
#2 Baie haarknippies (bobby pins)
Ja, indien jy te veel haarknippies dra, kan dit die metaalverklikker se alarm laat afgaan.
#3 Cargo-broeke of kortbroeke
Té veel sakke kan ’n dilemma veroorsaak. Die misplasing van jou vliegtuigkaartjie of selfoon kan onnodig jou stresvlakke laat styg!
#4 Hakskoene
Lughawens is nie klein nie, jy gaan baie bagasie hê, jou voete gaan pyn, die vloere is glad. Niemand wil voor mense val nie.
Wenk: Plaas jou hakskoene in jou handbagasie indien jy nié sonder hakke kan gaan nie!
#5 Halssnoere of armbande van metaal
Dit kan die metaalverklikker se alarm laat afgaan. Maak seker jy verwyder al jou juwele voordat jy deur sekuriteit moet gaan.
Maak jou lughawe-ervaring vir jouself baie geriefliker deur die bogenoemde wenke te volg!













