’n Baard se gewildheid het nog altyd gekom en gegaan, maar deesdae word dit as ’n klassieke voorkoms gesien, byna soos die bob-haarstyl vir vroue. Só sê ons eie Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur. Of die man in jou lewe van ’n lang, rowwe baard hou of ’n kort netjiese een, die versorging daarvan is belangrik.
Hier is ’n paar wenke van Fanie wat jy met hom kan deel:
1. Groei dit reg
Jou baard moenie op jou kakebeenlyn eindig nie, want anders lyk dit asof jy ’n dubbelken het. Laat groei dit tot sowat vier sentimeter onder jou kakebeenlyn en gebruik skeerjel om die res van jou nekgedeelte skoon te skeer. Wend agterna ’n skeerbalsem (
balm) aan om rooi knoppies te voorkom.
2. Was jou baard
Was jou baard soggens en saans met ’n baardseep en masseer daarna ’n baardbalsem of –room in. Dit voorkom ’n jeukerige vel. Kyk uit vir bestanddele soos amandel-, klapper- en teeboom-olie (dié olie is antibakteries).
3. Voed met ’n baardolie
Vryf dan 'n baardolie van die wortels van jou baardhare opwaarts in. ’n Olie bevogtig jou baard en hou die hare sag. Kam laastens jou baard in plek met ’n baardborseltjie.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6206/1721ff4cc5cc47cbbd2f487e5771cc7f.jpg“My baard laat my nie net manlik voel nie, maar ook boheems. Dit is ’n eksterne uitdrukking van my vrygeestige persoonlikheid.”
– Fanie Cronjé
Probeer dié top-produkte:
Ons is mal oor dié bekendes se baarde:
Armand Aucamp
Chris Hemsworth
Ryan Gosling
Tom Hardy
David Beckham
Jon Hamm













