Styl

Het jy al dié moet-hê-produk vir jou lippe probeer?

FOTO: Instagram (@lancomeofficial)
FOTO: Instagram (@lancomeofficial)

Olie vir jou vel en hare is al 'n hele paar jaar gewild in die skoonheidswêreld, maar die laaste ruk is daar 'n nuwe obsessie - met lipolies! Al hoe meer skoonheidshuise stel voedende lipolies bekend. En tydens die koue wintermaande is dit die enigste moet-hê-produk vir jou lippe.

Danksy olie se veelsydigheid is dit vandag een van die gewildste skoonheidsprodukte om jou vel, hare en nou ook lippe te bevog en gesond te hou.

Natuurlike olies (olies afkomstig van plante) bevat 'n hoë konsentrasie omega 3- en 6-vetsure. Dié vetsure is voordelig om jou lippe te bevog, sag en glad te hou, veral omdat jou lippe nie self enige sebum (jou vel se natuurlike olie) vervaardig nie en dus maklik uitdroog.

Deesdae se lipolies voel glad nie taai op jou lippe nie en gly maklik aan. Dit word geformuleer met voedende olies wat, buiten dat dit jou lippe bevog, dit opplomp en help om fyn lyntjies te versag. Baie lipolies bevat ook pigmente wat aan jou lippe 'n subtiele, gesonde kleur gee. Jy kan dit alleen gebruik om jou lippe te voed, of jy kan dit bo-oor jou lipstiffie aanwend vir ekstra glans.

Wenk:

Skilfer jou lippe gereeld af om te verseker dat die lipolie jou lippe doeltreffend bevog. Probeer sommer dié maklike lipafskilferaar-resep.

Probeer dié lipolies:

1. Elizabeth Arden Sheer Kiss Lip Oil in Nude Oasis (R299)

Die lipproduk bevat klapper- en avokado-olie engee lippe 'n mooi neutrale (nude)skakering.

2. Lancôme Matte Shaker in Magenta (R325)

Dié unieke formule bevat bevogtigende vitamien E, geeintense kleur aan lippe en word droog met 'n mat-afwerking.

3. Clarins Instant Light Lip Comfort Oil in Raspberry (R320)

Jojoba-olie voed jou lippe en kruisement het 'nverfrissende, plompende effek op jou lippe.

4. Essence Prettifying Lip Oil in SOS (R45)

Voedende jojoba-olie bevog intens, terwyl fyn glinsterendedeeltjies 'n ekstra tikkie glans aan jou lippe gee.

5. Catrice Volumizing Lip Booster (R70)

Die formule wend maklik aan en help om lippe gladder enplomper te laat lyk.

http://www.sarie.com/mode/modestories/donkerkop-jy-kan-die-kleure-dra/

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM