Haarlinteis al heeljaar 'n gewilde tendens. Bekendes soos Sienna Miller, Elle Fanning, JulianneHough en ons eie Donnalee Roberts het al met 'n strik in die hare gepronk.Dis die perfekte min-moeite-haarbykomstigheid vir die komende feesseisoen. En al wat jynodig het, is 'n lint!
Die aktrise Julianne Hough is by vanjaar se Emmy-toekennings met die mooiste strik in haar hare gewaar.
Die aktrise Elle Fanning het ook vroeër vanjaar tydens die Cannes-rolprentfees op twee verskillende geleenthede 'n strik in haar hare gedra.
Eers met 'n eenvoudige pienk strikkie ...
En toe met 'n lang swart fluweelstrik.
Met 'n strik kan jy die eenvoudigste styl 'n tikkie elegansie gee. 'n Lae ponie lyk veral fantasties met 'n strik van satyn- of fluweellint. En wie sê dit is net vir die jonges? Selfs by vroue bo 40 kan 'n groot haarstrik stylvol en sjiek lyk. Stileer bloot jou hare in jou gunsteling-styl en voeg 'n klein of bonkige strik by.
Moenie bekommerd wees as jou haarstrik nie perfek is nie. Dit voeg by tot die styl as die strik effens deurmekaar, pap of oneweredig hang, het die bekende Britse haarstileerder Guido Palau agter die skerms tydens die Amerikaanse modeontwerper Tory Burch se modevertoning in New York aan Elleuk.com gesê.
Bonkige haarstrikke by die modevertoning van die modehuis Marchesa
Fyner haarstrikke by die ontwerper Emilia Wickstead se vertoning
Kyk net na dié bekendes wat ons inspireer met hul haarstrikke:
Nicole Kidman
Riley Keough
Sienna Miller
Gwyneth Paltrow
Bronne:www.vogue.com, www.elleuk.com













