Styl

Nuwe trend: Kleur sélf jou hare in

“Hair chalking” is wanneer jy jou hare tydelik kleur met gekleurde kryt-pastelle. Dit is die perfekte oplossing as jy ’n helder kleur wil hê wat jy dadelik kan uitwas.

Probeer die Staedtler Pastel Chalks wat kom in pakkies van 12, 24, 36 en 48.

Let wel: Moet NIE oliepastelle gebruik nie, dit sal jou hare vlek.

Doen dit so:

1. Werk met droë hare. Vat die stukkie hare wat jy wil kleur en maak dit klam met water. Jy kan ook die pastel met water natmaak.

2. Vat die pastel en begin teenaan jou kopvel. Kleur jou hare stelselmatig in tot by die punte.

3. Gebruik 'n haaryster en stryk oor die gekleurde hare om die kleur te laat hou.

4. Moenie bang wees om met verskillende kleure en patrone te speel nie!

Liesl du Toit

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM