Styl

Ongewenste hare? Só raak jy daarvan ontslae

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Gallo Images/Getty Images
Ongewenste hare? Só raak jy daarvan ontslae Foto: Gallo Images/Getty Images (Alice S. / BSIP/Gallo Images/Getty Images)

LASER

KOSTE: Duur

RESULTATE: Permanent

Net gekwalifiseerde kosmetoloë kan dié behandeling uitvoer. Die hare word met gekonsentreerde lig van onder die vel af vernietig. Ná 'n paar sessies is die resultate permanent. (Blonde hare kan met die nuwe Apilus-laser verwyder word.)

SKEER

KOSTE: Goedkoop

RESULTATE: Tydelik

Skeer is 'n algemene manier van haarverwydering. Maar al is dit maklik, moet jy dit gereeld doen, want die hare word net op die vel se oppervlak verwyder. Skeer altyd met voggewende seep en bevog jou vel ná die tyd baie goed.

ROME

KOSTE: Goedkoop tot gemiddeld

RESULTATE: Tydelik

Die room los die proteïen in die haar op. Die deel van die haar wat bo die vel is, breek af van die deel wat onder die vel is en nie aan die chemikalie blootgestel is nie. Dié manier van haarverwydering is pynloos en doeltreffend.

GARE

KOSTE: Gemiddeld

RESULTATE: Halfpermanent

Twee stringe gare word oor die haar gerol en verwyder dit van die wortel af. Dié soort verwydering is ideaal om vorm te gee aan hare soos wenkbroue. Dit werk moeiliker op ander dele van die lyf omdat daardie hare growwer is.

ONTHAARDERS

KOSTE: Gemiddeld

RESULTATE: Halfpermanent

Dis elektroniese toestelle, amper so groot soos skeermasjiene, wat 'n paar haartjies op 'n slag uittrek. Dit werk omtrent net soos om hare met 'n tangetjie uit te pluk, behalwe dat meer hare op 'n slag uitgetrek word.

WAS

KOSTE: Gemiddeld

RESULTATE: Halfpermanent

Was word aan die vel gewend en dan afgeruk om die hare van die wortel af te verwyder. Dit is 'n voorkeurtegniek vir langduriger resultate, want dit is doeltreffender as die meeste ander maniere van haarverwydering.

Nthabiseng Makhokha

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM