Die nuus het ons almal geskud, al het ons haar nie geken nie: Prinses Diana het gesterf. Die wêreld het getreur. Nou, 20 jaar later, dink ons nie net terug aan die hartseer nie. Ons vier ook die ongelooflike vrou wat die Prinses van Harte was. Geliefd omdat sy soveel vir ander omgegee het, ’n liefling omdat sy so mooi was en mooi aangetrek het.
Haar styl het ontwerpers geïnspireer. As prinses Diana iets gedra het, wou almal dit dra. Vandag sien ons so ’n iets hiervan by die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, wat haar skoondogter sou wees.
Hier is 14 trends wat deur Diana verewig is:
#1 Oopskouer
#2 "Millennium"-pienk
#3 Neksnoer (choker)
#4 Kleurblok
#5 Eenskouer
#6 Halssnoer hang agter die rug af
#7 Korsetbelt/breë belt
#8 Fluweel
#9 Tuxedo-rok
#10 Oorpak (dungarees)
#11 Oefenklere
#12 “Mommy”-jeans
#13 Vlieëniersbaadjie (bomber jacket)
#14 Blinkers
Dol oor Diana? In Oktober bring VIA (DStv-kanaal 147) hulde aan die koningin van harte met twee spesiale dokkies. Op Woensdag 20 September om 19:30 word Diana: In haar eie woorde – die skok-dokkie wat die wêreld aan die gons gehad het – met Afrikaans onderskrifte uitgesaai. Op Woensdag 27 September om 19:30 word die dokkie Diana: Suid-Afrika onthou uitgesaai waarin daar gekyk word na die impak van Prinses Diana se lewe en legende op eie bodem.













