In 2014 het die Mexikaans-Keniaanse aktrise Lupita Nyong'o in die mooiste ligblou Prada-rok by die Oscars opgedaag. Later die aand het sy die goue beeldjie vir beste vroulike byspeler ontvang vir haar spel in 12 Years a Slave. Sedertdien hou die wêreld Lupita se styl dop.
Lupita dra graag klere van bekende internasionale ontwerpers soos Calvin Klein, Oscar de la Renta, Givenchy en Alexander McQueen. Ons was baie opgewonde toe ons sien sy dra ’n uitrusting van ’n Kaapse ontwerper!
Kyk hoe mooi het sy in dié hemprok van Selfi gelyk:
Die beste van als: Jy kan ook Selfi se klere dra!
Selfi het pas ’n beperkte reeks vir Woolworths bekend gestel. Die reeks is aanlyn beskikbaar by Woolworths. Selfi is ook by ander uitgesoekte klerewinkels in Johannesburg en Kaapstad te kry.
Die ligblou rok wat Lupita in 2014 gedra het:
Kyk net haar pragtige styl:
Embed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty Images
Vir meer inligting oor Selfi, besoek www.selfi.co.za













