Niemand sien kans vir (ongevraagde) aanmerkings soos “Pak jy jou hele kas?”, “Jou tas se ritssluiter gaan breek!” of “Is hier ’n lyk in jou tas?” nie! Die modespan het die hoof-items gaan uitkies wat ons dink jy moet pak vir die twee langnaweke wat voorlê.
Jou lys:
• Jeans (verkieslik donker)
• Kortbroek
• T-hemp
• Bloes
• Strepiestop (dis ’n móét)
• Ekstra top
• Hemprok (dis baie prakties, want jy kan dit dra as ’n jas, rok of hemp)
• Romp (vir die wis en onwis)
• Leerbaadjie (baie nuttig)
• Parka (dit is warmer as ’n leerbaadjie)
• Trui
• Sweetpaktop (dit is altyd handig) en -broek
• Swembroek
• Tekkies
• Sandale
• Enkelstewels
• Hakskoene
• Sonbril
ONTHOU jou onderklere, nagklere en sokkies!
Ons het items uitgesoek wat perfek sal wees vir die langnaweke:

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/Screen-Shot-2017-04-12-at-7.50.29-AM.png

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/Screen-Shot-2017-04-12-at-7.51.07-AM.png
Hier volg ’n paar voorbeelde van uitrustings:
Braai:
Gemak is die belangrikste vir ’n braai en die aandluggie kan ysig wees.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/Screen-Shot-2017-04-12-at-8.01.46-AM.png
Dag-aktiwiteite:
Hier is ’n paar opsies vir as jy see, markte of winkels toe gaan.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/Screen-Shot-2017-04-12-at-8.02.40-AM.png
’n Aand uit:
Vele opsies met min items.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/Screen-Shot-2017-04-12-at-8.03.06-AM.png
(Goeie nuus is dat jy die items nou kan koop. Kyk onder waar die items beskikbaar is. Sommige kan jy aanlyn koop.)
Nog wenke:
Die beste wenk wat ons vir jou het, is om “ekonomies/prakties” te pak sodat jy kan meng en pas. LET WEL: Die uitrustings wat ons gestileer het, is nie die enigste uitrustings wat jy bymekaar kan sit nie.
Nog ’n goeie wenk is om die items op jou bed uit te pak en dan uitrustings te skep. Pas dit dan aan en kyk of jy dit bymekaar kan dra. Só vat jy dalk minder klere saam, maar dis baie meer prakties.
Vat die helfte minder klere en dubbel soveel geld – dit werk soos ’n bom!
DIE VOLGENDE ITEMS MOET LIEWER BY DIE HUIS BLY:
• Haardroër – die meeste gastehuise en hotelle het dit
• Jou hele versameling skoene
• Werk
• Duur juwele
• Groot kameratoebehore
• Jou volledige reeks velprodukte (vat net die nodigste)
• AL jou kinders se speelgoed
• Winterjasse













