Styl

Pinterest se gewildste lipkleur vir bruide

FOTO: Unsplash
FOTO: Unsplash

'n Romantiese sagpienk lipstiffie was nog altyd 'n staatmaker-lipkleur onder bruide. Maar deesdae kies al hoe meer vroue om eerder 'n helder bessiekleur op hul troudag te dra. Ons is mal daaroor en dink dis die perfekte lipkleur vir winterbruide!

Volgens 'n spesiale verslag deur die sosialefotonetwerk Pinterest het die gewildheid van dié lipkleur onder voornemende bruide die afgelope paar jaar met meer as 70% toegeneem soos wat al hoe meer vroue foto's van hul bessiekleur lippe op hul troudag deel.

Ook op die loopplank tydens dié seisoen se internasionale bruidsmodeweke het modelle met treffende bessielippe gespog. Van dieper mat-bessiepers tot helder bessie met 'n deursigtige afwerking is in die kol.

'n Bessiekleur op jou troudag lyk die beste as jy die res van jou grimering eenvoudig hou: dus 'n vars gelaat en nie te veel grimering op jou oë nie. Jou lippe moet die praatwerk doen.

Dra jou bessielippe só:

Waag met 'n baie donker bessiekleur vir 'n gesofistikeerde voorkoms.

Lily Collins

'n Helder bessiekleur sorg vir 'n jeugdige voorkoms.

'n Baie ligte velkleur sal mooi lyk met 'n donker skakering met 'n blink afwerking.

Lucy Hale

As jy 'n olyfkleurige vel het, sal 'n egte bessiekleur jou perfek pas.

Wenk!

As jy 'n helderkleurige lipstiffie dra, is dit belangrik dat jou lippe mooi glad is. Skilfer jou lippe eers af om seker te maak daar is geen los velletjies nie. Bevog dan jou lippe met 'n goeie lipsalf.

Probeer dié bessiekleur lipstiffies:

1. Elizabeth Arden Plush Up Lip Gelato in Flirty Fuschia (R299)

Die lipstiffie gee 'n tikkie deursigtige kleur aan jou lippe.

2. Maybelline SuperStay Matte Ink in Escapist (R170)

'n Lipstiffie met 'n matafwerking wat intense kleur aan jou lippe gee.

3. Lancôme L'Absolu Velvet Matte in Entracte (R380)

Die lipglans het 'n matafwerking, maar die formule is steeds romerig en bevogtigend.

4. Wet n Wild Megalast Lip Color in Ravin Raisin (R50)

'n Diep bessie skakering wat heeldag op jou lippe hou. By Clicks

5. Catrice Ultimate Dark Lip Glow (R100)

Die lipstiffie lyk swart, maar verkleur 'n subtiele bessiepienk sodra dit in kontak met jou lippe kom. By Dis-Chem

http://www.sarie.com/mode/modestories/die-rok-waaroor-bekendes-bloggers-wereldwyd-gaande/

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM